News

Angels gee R20 000 vir krokodil-slagoffer se onkostes, daag besighede uit

Die span van Good Morning Angels op Radio Jacaranda het pas R20 000 geskenk vir Anthony Joubert se hospitaalkostes in die Life Midmed Hospitaal.

Anthony is Saterdag deur ’n krokodil aangeval op ’n plaas tussen die klowe op die Avontuurpad.

Die reuse krokodil het hom in sy kake gehad en hom begin draai, waarop Anthony se vrou, Annalize, die krokodil met ’n stomp op sy kop geslaan het.

Hy was aanvanklik in die Middelburg Hospitaal, maar weens die aard van sy beserings het vriende hom geskuif na die Life Midmed Hospitaal.
Die kostes vir die hospitaal gaan teen minste R100 000 beloop en die skenking van R20 000 sal beslis ’n groot hap uit die kostes haal.

• Martin Bester (Radio Jacaranda) het vanoggend met Anthony ’n onderhoud gevoer en is hy hiertydens in kennis gestel dat die Angels R20 000 skenk. Hy het ook besighede uitgedaag om te help met die hospitaalkostes.

• Me. Bianca van der Colff (vriendin van die gesin) sê sy het tot op hede nog net ’n navraag gekry van ’n vrou wat iets te ete vir die Joubert kinders wil skenk. Hulle het buiten die R20 000, nog geen ander skenkings vir die hospitaalonkostes ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button