News
Belfast speurder dood by sy huis gekry
’n Speurder is dood by sy huis gekry met sy dienspistool op die toneel.
’n Bekende Belfastse speurder het die gemeenskap in skok gelaat, nadat hy homself na bewering gister om die lewe gebring het.
Nooddienste is omstreeks 03:00 gistermore na die speurder se huis ontbied, waar hulle hom dood aangetref het met ’n skietwond.
Die gemeenskap het hom intussen as ’n gewilde polisieman in die area beskryf.
• Sy identiteit word weerhou tot al sy naasbestaandes verwittig is.
• Na wat verneem word is sy dienspistool op die toneel gekry.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
