News

Erge hitte breek naweek, volgende week weer warm

Net ’n paar dae nadat almal in Middelburg hul herfskaste begin uitpak het, moet hulle nou weer die somersklere gaan soek, met die warm dae wat die kraaie laat gaap.

Alhoewel die oggende en aande redelik koel is, het die kwik die afgelope week tot so hoog as 31 grade gestyg (Dinsdag).

Die weerburo voorspel dat almal vandag (Woensdag) en Donderdag nog bedags baie warm gaan kry met die maksimum temperatuur op 29 grade.

Vrydag is die minimum 14, met ’n maksimum van 26

Saterdag en Sondag word ’n minimum van 11 en ’n maksimum van 24 grade voorspel.

Maandag is die minimum 12 grade en bly die maksimum op 24 grade.

Dinsdag is dit weer warm met ’n minimum en maksimum van 12/26 en Woensdag en Donderdag is die maksimum beide dae 27 grade.

 
Back to top button