News

Erge hitte breek naweek, volgende week weer warm

Net ’n paar dae nadat almal in Middelburg hul herfskaste begin uitpak het, moet hulle nou weer die somersklere gaan soek, met die warm dae wat die kraaie laat gaap.

Alhoewel die oggende en aande redelik koel is, het die kwik die afgelope week tot so hoog as 31 grade gestyg (Dinsdag).

Die weerburo voorspel dat almal vandag (Woensdag) en Donderdag nog bedags baie warm gaan kry met die maksimum temperatuur op 29 grade.

Vrydag is die minimum 14, met ’n maksimum van 26

Saterdag en Sondag word ’n minimum van 11 en ’n maksimum van 24 grade voorspel.

Maandag is die minimum 12 grade en bly die maksimum op 24 grade.

Dinsdag is dit weer warm met ’n minimum en maksimum van 12/26 en Woensdag en Donderdag is die maksimum beide dae 27 grade.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button