News

Daar word gesoek na William se familie

Die Middelburg Hospitaal is opsoek na die naasbestaandes van William du Plessis (55), wat op 19 Maart in dié hospitaal oorlede is.

Paramedikuste het William op 17 Maart te hulp gesnel waar hy in die straat gelê het en baie siek was. Hulle het hom per ambulans Middelburg Hospitaal toe geneem.

Met sy opname was hy duiselig en het bloed opgebring.

Nadat hy gestabiliseer is, het William sy naam en van aan hulle verskaf en het gesê dat hy gebore is op 5 Oktober 1968.

Hy het vertel dat hy haweloos was en in die sentrale sakekern op straat gebly het.
Hy kon nie kontakbesonderhede verskaf van enige familielede nie.

William het twee dae later weens die siekte gesterf en is sy oorskot sedertdien in die lykshuis van die Middelburg Hospitaal.

Die hospitaal doen ’n beroep op enige naasbestaandes om na die hospitaal toe te kom om hom uit te ken en sy liggaam op te eis vir ’n begrafnis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button