News

Man pleit skuldig vir afleweraar se dood

Man pleit skuldig na ongeluk-dood van afleweraar.

Jonas Moedigi Sebati het vroeër vandag skuldig gepleit op ’n klag van strafbare manslag in die streekhof, na die dood van #Braai # Pizza afleweraar Motheo Madihlaba, gedurende Paasnaweek 2022.

Motheo was op sy bromponie toe hy deur Sebati in Walter Sisulustraat getref is, nadat Sebati voertuie oor ’n sperstreep in Motheo se baan verbygesteek het.

Die saak is op die hofrol geplaas na druk van Afriforum se privaat vervolgingseenheid onder leiding van Gerrie Nel.
Die eenheid se, Wico Swanepoel, was oudergewoonte in die hof om Motheo se ma, Granny Madihlaba, te ondersteun.

Afriforum privaat vervolgings eenheid se Gerrie “Bulhond” Nel by me. Granny Madihlaba.

Me. Madihlaba was verheug oor die wending in die hofsaak, en het Afriforum geloof vir hul bystand.

Sebati het sy eerste verskyning op die klag van strafbare manslag meer as ’n jaar na die voorval in die hof gemaak.

Dit is die tweede sukses wat Afriforum se privaat vervolgings eenheid op hul kerfstok het, nadat Khumbulani Malinga agt-jaar tronkstraf opgelê is vir die dood van me. Liesel Visagie, wat voor haar dogter dood gery is nadat Malinga vir verkeersmanne weg gejaag het.

Malinga het egter, anders as Sebati, onskuldig gepleit.

Hofverrigtinge is opgeskort vir vonnisoplegging wat tot ’n latere datum uitgestel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button