News

Kry nou jou kaartjies vir Mannaprojek se koorfees!

Die Mannaprojek hou weer hul jaarlikse koorfees op 7 en 8 Mei by die Witkerk en ons gemeenskap kan nie bekostig om hierdie unieke geleentheid te mis nie.

Toegang vir die koorfees-aande is slegs R50 en die fees begin elke aand om 18:30.

• Die volledige program is as volg:
Dinsdag, 7 Mei: Laerskool Middelburg se junior- en seniorkoor, Laerskool Staatspresident C.R. Swart se seniorkoor, HTS Middelburg se koor, Middies Melodi, ’n massakoor-optrede en die Oorwinninglied wat deur die gehoor gesing sal word.

Laerskool Staatspresident C.R. Swart se seniorkoor tydens hul optrede hierdie week met die afskeid van hul hoof, mnr. Pieter Fouché. Hulle gaan by die Mannaprojek koorfees te siene wees.
Laerskool Middelburg se seniorkoor maak ook deel uit van 7 Mei se program.

Woensdag, 8 Mei: Little Explorers se koortjie, Laerskool Kanonkop se ‘Dynamite’-groep, , Laerskool Staatspresident C.R. Swart se Koel Kanaries, Laerskool Kanonkop ‘Bombsquad’, asook Hoërskool Erasmus en Hoërskool Generaal Hertzog.
Daar sal dié aand ook ’n massakoor-optrede wees en die gehoor sal in die finaal saamsing.

Laerskool C.R. Swart se Koel Kanaries (juniorkoor) gaan op 8 Mei die oog vang by die Mannaprojek se koorfees.
Middies Melodi, wat ’n vertoning sal lewer.

Kaartjies is by die deelnemende skole beskikbaar, of skakel Dawn van Baalen by 082 337 5902.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button