News
Wrede moordtoneel in veld gekry
Die lyk van 'n bekende inwoner van Mineralia, is vroegoggend in die veld gekry.

Die liggaam van oom Douw van der Walt (64) is vanoggend in die veld tussen Kogel- en Suidstraat gevind.
Na aanleiding van die beserings op sy liggaam, is hy vermoor.
Louwtjie Swart (Traffic Alert) was eerste op die toneel.
Hy het omstreeks 06:30 ‘n oproep gekry van ‘n vrou, wat gesê het dat daar iemand in die veld lê.
Louwtjie het hom soontoe gehaas, waar hy oom Douw gevind het.
Hy het vir Juanita Groenewald (Gemeenskap in Blou) gevra om ER24 Ambulansdienste te ontbied en is die polisie ook ontbied. Oom Douw is kort daarna dood verklaar.
- Oom Douw se kinders, Deon van der Walt en Mandie Coetsee, het hulle ook na die toneel gehaas en was geskok toe hulle hom herken.
- Deon het gevra dat indien enige persoon inligting het oor wie moontlik vir sy pa se dood verantwoordelik kan wees, om hom te bel by 062 487 9151.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.