News

Verkeer op slakkepas na botsing in besige Lilian Ngoyi kruising

Motoriste kan groot opeenhopings verwag na ’n botsing tussen twee voertuie in die kruising van Beyers Naudelaan en Lilian Ngoyistraat.

Die twee voertuie het mekaar in die kruising getref, en die impak van die botsing was so geweldig, dat ’n munisipale mini-substasie ook in die slag gebly het.
Die een verkeerslig is ook feitlik omgery.

FOTO: Gerhard Rheeder.

Noddienste is tans op die toneel om na betrokkenes om te sien.

Weens die botsing is sekere dele van die roete onbegaanbaar.
Daar kan slegs links in Beyers Naudestraat gedraai word uit Kanonkop.

Verkeersdienste herlei tans motoriste om druk op die besige kruising te verlig.

Die voertuie het beide erge skade opgedoen, met die insittendes se beserings wat nie op die toneel vasgestel kon word nie.

Motoriste wat wel van die roete gebruik maak, word gevra om die kruising stadig te nader totdat opruimings gedoen is.

FOTO: Gerhard Rheeder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button