News

Verkeer op slakkepas na botsing in besige Lilian Ngoyi kruising

Motoriste kan groot opeenhopings verwag na ’n botsing tussen twee voertuie in die kruising van Beyers Naudelaan en Lilian Ngoyistraat.

Die twee voertuie het mekaar in die kruising getref, en die impak van die botsing was so geweldig, dat ’n munisipale mini-substasie ook in die slag gebly het.
Die een verkeerslig is ook feitlik omgery.

FOTO: Gerhard Rheeder.

Noddienste is tans op die toneel om na betrokkenes om te sien.

Weens die botsing is sekere dele van die roete onbegaanbaar.
Daar kan slegs links in Beyers Naudestraat gedraai word uit Kanonkop.

Verkeersdienste herlei tans motoriste om druk op die besige kruising te verlig.

Die voertuie het beide erge skade opgedoen, met die insittendes se beserings wat nie op die toneel vasgestel kon word nie.

Motoriste wat wel van die roete gebruik maak, word gevra om die kruising stadig te nader totdat opruimings gedoen is.

FOTO: Gerhard Rheeder.

 
Back to top button