News

Wie is Suidoos se Kaptein Fantasties?

Suidoos-Transvaal, Laeveld en Puma oudspelers hou op 17 Augustus hul jaarlikse reünie by die Mbombela-stadion in Nelspruit wanneer die Pumas en Blou Bulle mekaar pak.

Wie is die beste kaptein wat Suidoos-Transvaal se rugbyspan sedert sy stigting in 1969 opgelewer het?

Is dit sy eerste kaptein en skrumskakel Rupert Hector?

Die Springbok agsteman Lofty Nel?

Lofty Nel. FOTO: Pretoria Rekord.

Uitgeslape Menanteau Serfontein wat ook in die nommer agt trui voor gedraf het?

Hendry van Tonder?

Is dit dalk Richard Cooke, wat die kaptein was toe Suidoos-Transvaal met die Westelike Provinsie afgereken het in ’n Lionbeker wedstryd? Hy was die tweede haker na Gert Delport, wat ook kaptein was.

Suidoos se keurders het ’n voorliefde gehad vir agstemanne as kaptein, want Piet Craven en Martin van Eeden het soos Lofty Nel, Hendry van Tonder en Menanteau Serfontein agter die skrum gesak.

Martin van Eeden was nege keer kaptein. Hy sit regs voor langs Brian Clarke in die 1974/75 span. Clarke was die afrigter.

Dan was daar die plaaslike held, Francois Rossouw, wat ’n nommer ses flank was en in 20 wedstryde die kaptein was.

Kan Chaka Willemse as Suidoos kaptein gereken word, want hy het in 1996 die leisels gevat as amateur maar vanaf 1997 vir die Pumas uitgedraf in die nuwe professionele era?

Daar gaan natuurlik goed debat hieroor gevoer word wanneer Suidoos-Transvaal, Laeveld en Puma oudspelers, weer hulle jaarlikse reünie in die Mbombela-stadion in Nelspruit hou.

Hierdie jaar is dit op 17 Augustus, om 15:00, wanneer die Pumas en Blou Bulle mekaar pak.

Om terug te kom na die kapteins.

Sedert Hector in 1969 die eerste kaptein geword het om voor te draf in die grystrui met varkoor was elkeen daarna ’n briljante leier in eie reg.

Serfontein was nie net ‘n knap agsteman nie, maar ’n intellektueel wat groot aansien geniet het.

Cooke het van voor gelei en was soos Brian Clarke altyd gesê het “’n goeie klein Engelsman” waarvan almal gehou het.

Nel se ervaring as Springbok en sy skitter spel het Suidoos saamgesnoer. Toeskouers het na die Johan van Riebeeck-stadion gestroom net om hom in aksie te sien.

Alhoewel die statistieke seker nie honderd present bygehou is nie – Chaka Willemse sê byvoorbeeld hy het in 94 wedstryde voor gedraf – maar ampteike statistieke het dit as 89.

Hector was 17 keer kaptein, Nel 16 keer, Serfontein op 45, Craven 11 keer, Cooke 31, 19 keer vir Van Tonder.

Wie was jou Kaptein Fantasties?

Laat weet my by 072 220 1568 of tobievandenbergh@gmail.com.

Meer inligting oor die Mbombela byeenkokms sal later volg.

Back to top button