News

Dries Olivier en andere vlugtig in hof

Die vyf mans wat hul vriende by die hof wou gaan ondersteun en self gearresteer is, het weer voorgekom.

Die saak teen die vyf wat in die hof verskyn het vir onder andere opsweping tot openbare geweld, het gister vlugtig voorgekom.

Dries Olivier, oud burgemeester van Groblersdal, Francois van der Merwe, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels en Willem Petzer het vlugtig in die Groblersdal Landdroshof verskyn op ’n klag van opsweping tot openbare geweld.

Die mans het Piet Groenewald en Stephan Greeff, wat op klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer verskyn het, gaan ondersteun, maar is gearresteer nadat hulle by die hof wou gaan betoog.

• Die saak is uitgestel na 29 Julie vir die besluitneming van die Nasionale Vervolgingsgesag of die saak sal voortgaan op verhoor of laat vaar gaan word.

Back to top button