News

N4 by Alzu tans toe na trokongeluk

Die N4 onder die brug by die Alzu Petroport is tans gesluit na 'n trokongeluk vroeër vanoggend.

Na wat verneem word het een trok in die geel lyn gestaan, waarna ‘n ander trok van agter af in hom vasgery het. Die ongeluk het in die Nelspruit rigting plaasgevind.

Daar is geen ernstige beserings nie.

Die Traffic Alert WhatsApp groep het laat weet dat motoriste kan wegdraai by die afrit en dan oor die brug kan beweeg om weer op die N4 te kom.

  • Van Wettens Insleepdienste is na die toneel ontbied om die trokke te verwyder. Dit is op hierdie stadium nog onduidelik hoe lank opruiming sal neem.
  • ‘n Paar voertuie het na die ongeluk op die toneel gestop en begin om die een trok, waarin vleis vervoer word, geplunder. Die polisie was egter vinnig op die toneel en het hulle weg gejaag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button