Kunstenaars kom sing vir AJ
Mid Hartklop bied op 5 Julie ’n aand saam met verskeie kunstenaars aan ten bate van AJ Bothma, wat tans behandeling kry vir nierversaking.

Dié kuieraand sal by Event City plaasvind.
Die bekende sanger, Chris Ray, organiseer die skouspel waar Deon Groot, Jacques du Preez, Soné, Annemarie, Reggie en Charné as gaskunstenaars ook sal optree.
Toegangsgelde beloop R150 per volwassene, R80 per kind (laerskool ouderdom) en R2 200 vir ’n VIP-tafel vir 12 mense.
Hekke open om 16:00 en die vertoning begin 18:00.
Vir donasies, navrae en besprekings, kontak Alida by 072 654 1824.
• Die 13-jarige AJ is ’n leerder by HTS Middelburg en ondergaan tans voltydse dialise vir nierversaking totdat hy vir ’n nieroorplanting kan gaan.
AJ se ma, Ilze van Heerden, het aan Middelburg Observer gesê dat Jakaranda se Good Morning Angels onlangs ’n skenking van R50 000 gemaak het. Daar is ook ’n solarmaatskappy wat aan die gesin sonpanele geskenk het.
Die solarstelsel sal dit moontlik maak dat AJ tuis dialise kan ondergaan, sonder onderbrekings.
AJ is uit die Unitas Hospitaal ontslaan en huis toe gestuur waar hy onder dialise sy eksamens probeer skryf het.
• Daar was ongelukkig komplikasies met die dialise en AJ se pa moes het hom vanoggend terugneem hospitaal toe.