News
Pad tans versper na ongeluk tussen trok en twee voertuie
Motoriste word gewaarsku om vir 'n rukkie alternatiewe roetes te gebruik, aangesien die hoek van Beyers Naude- en Meyerstraat tans toe is na 'n ongeluk.

‘n Trok en twee voertuie, ‘n Isuzu enkelkajuit bakkie en ‘n Toyota Voxy, was in die ongeluk betrokke.
Niemand is ernstig beseer nie en die brandweer en insleepdienste is besig met opruimingswerk op die toneel.
Motoriste is van die ongeluk in kennis gestel op die Traffic Alert WhatsApp-groep. Persone wat deel wil word van die groep, kan vir Louwtjie Swart ‘n WhatsApp stuur na 078 400 9517.


@middelburgobserver Pad tydelik gesluit op hoek van Meyer- en Beyers Naudestraat vir opruimingswerk na ongeluk tussen trok en twee voertuie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.