News
Vrou roep angstig om hulp na voertuig op R555 rol
Nooddienste reageer tans op ’n bloedstollende kreet vir hulp deur ’n dame wat omstreeks 09:45 in ’n ongeluk op die Stoffbergpad was, waar die voertuig gerol het.
Die kar het sowat 20km buite Middelburg omgeslaan.
Daar was ook ’n passasier in voertuig.

Hulpverleners op die plaaslike Traffic Alert WhatsApp groep haas hulle ook tans na die toneel waar David Ross (Ross Insleepdienste) huidiglik bystand verleen.
• Die voertuig wat in die voorval betrokke was is as Elite Training gemerk.
Net die een voertuig was betrokke.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
