News
Drie mense sterf in trompop botsing op N4
Drie mense is dood in ’n trompop botsing vanoggend omstreeks 04:00 op die N4 tussen Sunbury en Belfast, sowat vyf kilometer voor Belfast.
Na wat verneem word was ’n Daihatsu Terios en ’n Toyota Yaris in die ongeluk, naby Paardeplaats betrokke.
Die Yaris het in die rigting van Middelburg gery en het ’n vrou, wat ’n passasier was, in die ongeluk gesterf.
Twee mans, albei passasiers in die Terios, is ook oorlede.

Vyf mense, wat ernstig beseer is, is per ambulans na die Belfast Hospitaal geneem.
• Die Belfast Brandweer, Polisie, forensiese afdeling, TRAC en insleepdienste was op die toneel.
• Opruimingswerk word steeds op die toneel gedoen en motoriste word gemaan om versigtig te ry.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
