News

KYK: Voertuie gly gevaarlik op Verdoornstraat-brug weens moontlike dieselstorting

Pasop!

Die brandweer is op pad na die Verdoornstraat-brug waar voertuie tans gly weens “olie” op die padoppervlak.

Dit is onduidelik hoe die vloeistof op die pad gekom het.

Van Wettens se Louwtjie Swart, wat die Traffic Alert WhatsApp groep gestig het, sê egter dat dit eerder lyk na diesel wat gestort is.

@middelburgobserver

Possible diesel spill on the bridge by Eastdene Centre. Drivers are to proceed with caution.#eastdene #middelburg #spill

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Personeel van ’n plaaslike insleepdiens is intussen daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik is vir die gemors, om botsings te veroorsaak.

Swart het dit egter ten sterkste ontken en sê die personeel probeer die glibberige strook in die pad skoonmaak.

Dit is ook op rekord dat die betrokke werknemers van die insleepdiens wat beskuldig is, die brandweer ontbied het.

’n Video wys duidelik hoe voertuig na voertuig op die glibberige pad gly.

• Die situasie is tans baie onveilig en motoriste word gevra om spoed op die brug te verminder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button