Verdryf die koue met stoei!
Stoei is al donkiejare aan die gang in ons dorp en kan selfs jong dogters by die klub aansluit.
Die Middelburg Stoeiklub bestaan al sedert 1968 en is daar niks wat die winterkoue so vinnig sal laat verdamp as ‘n goeie oefensessie saam met ander stoeiers nie!
Stoeiertjies so jonk al vyf jaar kan inskryf en selfs dogters is welkom. Hulle het tans nege dogterstoeiers, maar ouers moet daarop let dat dogters net tot o/11 aan die seunstoernooie mag deelneem.
Die klub oefen elke Maandag en Woensdag vanaf 17:30 – 19:00 by die Kees Taljaard sportgronde in Kanonkop. Hulle is reg langs die rugbyveld en die swembad.
Die huidige afrigters is Danie Deysel, Heinrich Gruber, Joe Barnard, Hennie Janse van Rensburg, Mia Barkhuizen, Rich Nkosi en Joshua Malki.






Die klub se spanbestuurders is Mariska Barnard, Lúnette Symington, Fransie Odendaal en Hugo Francis.



Vir enige verdere navrae rakende die klub se werksaamhede, skakel Florence Deysel by 083 629 1147.
Besighede wat nog betrokke wil raak as borge of spelers wat spanne (vierbal kompetisie) wil inskryf, kan Lúnette by 082 305 5108 of George by 083 417 1222 skakel.
