News
Besige Bye maak potte vol sop!
Die SAVF Tehuis vir Bejaardes se Besige Bye groep is tans druk besig om potte vol sop te kook wat more (20 Junie) beskikbaar sal wees.
Die Besige Bye het besluit om fondse in te samel vir projekte by die SAVF Middelburg tehuis en hul eerste aksie is die sopverkope more.
Bakkies sop teen R80 ’n liter, sal beskikbaar wees vanaf 11:00 om af te haal.
• Persone wat nog wil bestel, kan 063 358 2210 skakel of ’n WhatsApp stuur.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
