Man kyk hoe ontvoerders man na kar sleep, kort nadat geweerskoot klap
Skoot klap in Wesstraat, man dalk ontvoer

’n Inwoner van Wesstraat sê hy het gesien hoe ’n man gisteraand omstreeks 18:40 voor sy huis “moontlik ontvoer” is, nadat hy ook ’n geweerskoot gehoor het.
Die man (wat anoniem wil bly) sê hy het op sy voorstoep sit en rook toe hy ’n wit voertuig stadig voor sy huis sien verbyry het.
Kort hierna het hy ’n geweerskoot hoor klap, en uit die erf gehardloop om te kyk wat aangaan.
Omtrent ’n blok van sy huis af het hy die wit voertuig sien staan naby die verkeerslig.
Twee mans het uit die voertuig gespring en ’n ander man digby die stilstaande voertuig sien konfornteer.
Die slagoffer is glo aangerand en toe na die stilstaande voertuig toe gedwing.
Die ooggetuie sê hy vermoed dat die slagoffer dalk gewond kon gewees het, omdat die man nie saam sy ontvoerders na die voertuig toe gestap het nie.
“Hulle moes hom na die voertuig toe sleep,” sê die ooggetuie.
Hy het die skietery en ontvoering dadelik op ’n Zello-kanaal ingeroep, om die polisie te ontbied.
Hy het gesien hoe die ontovoerders in die rigting van die Middelburg Hospitaal, op in Wesstraat jaag.
Hy kon ongelukkig nie die voertuig identifiseer nie.