News

Beter met Roelof na ongeluk

Dit gaan beter met die man wat op 4 Junie in 'n ongeluk betrokke was op die hoek van Oranje- en John Magagulastraat.

Die man wat etlike dae in die intensiewesorgeenheid van die Life Midmed Hospitaal behandel is na ’n ongeluk sterk nou tuis aan.

Mnr. Roelof van Zyl, wat werk as burgerlike by die finansiële afdeling van die Mhluzi Polisiestasie, is laat verlede week uit die hospitaal ontslaan.

’n Ooggetuie van die ongeluk, me. Leonie Victor, het later gesê dat sy haar voertuig vinnig in trurat moes sit en agteruit ry, anders sou die bakkie, wat in die kruising met mnr. Van Zyl se voertuig gebots en omgeslaan het, haar voertuig getref het.

Lees meer hier:

Vrou sien ongeluk in kruising gebeur

Mnr. Van Zyl is per ambulans na die Life Midmed Hospitaal geneem waar hy behandel is vir bloeding op die brein en vyf gebreekte ribbes.

Tydens sy behandeling in die hospitaal het hy ook ’n infeksie in sy longe gekry.

Mnr. Roelof van Zyl en sy kleindogter, Luané, afgeneem, terwyl hy nog in die Life Midmed Hospitaal behandel is vir sy beserings na ’n ongeluk.

Sy vrou, adj. Petro van Zyl (polisielid) meld dat hulle sy herstelproses by die huis “dag vir dag vat” en dat hulle “sy longe mooi oppas.”
Hy sal eers weer in Julie maand kan terugkeer werk toe.

• Adj. Van Zyl wil graag elke persoon wat op die toneel gehelp het, asook die personeel van die Life Midmed Hospitaal en almal wat hulle sedertdien ondersteun, van harte bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button