News
Oud burgemeester en prokureur Peter Brandmuller oorlede
Een van Middelburg se baanbrekers, oud burgemeester en regskenner, Peter Brandmuller, is Sondag in Life Midmed Hospitaal oorlede.
Sy seun André wat die regspraktyk steeds bedryf, het sy afsterwe bevestig.
Mnr. Brandmuller was nou betrokke met die onderhandelings vir die vestiging van Suid Afrika se eerste nie-rassige oorgangsraad, voor en na die eerste demokratiese verkiesings in 1994.
Hy was deurslaggewend in die vestiging van ’n stabiele munisipaliteit, en was wêreldwyd besing as vredemaker vir sy bydraes om oor rassegrense heen, ’n stabiele oorgang vir Middelburg tydens ’n ontstuimige politieke periode te verseker.
Hy is Sondag oorlede na ’n kort siekbed.
’n Meer volledige huldeblyk verskyn in die week se Middelburg Observer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
