Bekende rugbylegende sterf na hy van trappe afval
Gerry Gendall (53), die man wat ook in Middelburg op die rugbyveld sy merk gelaat het, is Sondagaand dood nadat hy in die vroeë oggendure van trappe af geval het by sy huis in Marble Hall.
Spelers van regoor die land het skok en medelye uitgespreek nadat hulle van sy afsterwe verneem het.
Gerry het nog Saterdag vir die Loskop Rugbyklub uitgedraf en die aand omstreeks middernag met sy seun gesels.
Vroeg die volgende oggend het die huishulp hom gevind waar hy by die punt van die trappe gelê het.
Hy het ernstige breinbeserings opgedoen en is dieselfde aand in die Groblersdal Hospitaal oorlede.
Sy boesemvriend, Henk Wessels, het hierdie week gesê dat en Gerry tydens die derby tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg nog by hom oorgeslaap het en hulle tot in die vroeë oggendure gekuier het, omdat Janik, Henk se seun, daardie aand geboks het ook.
“Ons was saam in Ermelo op skool vanaf standerd ses tot matriek en was van skooldae af tot nou beste vriende.”
• Die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.
• ’n Huldeblyk oor Gerry, sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.