News

Kar rol net voor tolhek

Al die nodige dienste is tans op die toneel waar ’n voertuig sowat 300m voor die Middelburg Tolplaza gerol het.

Motoriste is op die Traffic Alert WhatsApp groep gewaarsku om versigtig te wees, aangesien ’n voertuig oor die N4 middelman net voor die tolhek gerol het tot in die vinnige baan in Nelspruit se rigting.

David Ross (Ross Towing) sê die egpaar was op pad in Johannesburg se rigting, toe die voertuig gerol en in die teenoorgestelde vinnige baan te lande gekom het.

Die pad is nie gesluit nie, maar slegs een baan is tans toeganklik vir motoriste wat in Johannesburg se rigting ry.

• Alhoewel dit op die oog af lyk of die paartjie nie beseer is nie, is daar wel ’n ambulans ontbied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button