News

Trok in sandput affekteer nie verkeer

Die trok wat laasnag in die sandput beland het in Kranspoort, affekteer nie tans die verkeer nie.

Motoriste wat die N11 deur Kranspoort ry, moet daarop let dat daar ’n trok in die vroeë oggendure in die sandput op die eerste draai beland het en die teeroppervlakte glad kan wees weens die sand in die pad.

Daar is op die Traffic Alert WhatsApp-groep melding gemaak van die trok wat in die sandput staan.
Alhoewel die trok steeds daar staan, word die verkeer nie tans daardeur geraak nie.

Van Wettens Insleepdienste het laat weet dat hulle net wag vir goedkeuring van die versekering, dan sal die trok uit die sandput gehaal word.

• Hulle het gemeld dat wanneer die trok uitgehaal word, daar waarskynlik slegs een baan gesluit sal word.

@middelburgobserver

TRAFFIC ALERT: Truck makes emergency stop in Kranspoort arrestor bed. Recovery is underway but Kranspoort pass is open. #Middelburg #Kransporotpass Kranspoort #traffic

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button