News

No Guts, No Glory sprekers gee gemeenskapspers hupstoot

Joernaliste vind hul stem by die No Guts, No Glory-seminaar.

’n Groot aantal joernaliste van Mpumalanga, Gauteng en Limpopo het verlede Donderdag weer by Olifants River Lodge aangemeld vir die jaarlikse No Guts, No Glory-seminaar wat van ervare joernaliste, tot studente in joernalistiek aan die Noordwes Universiteit en Akademia ingesluit het.

Die plaaslike berader en terapeut, Elaine Putter, het vanjaar die ys gebreek met haar praatjie “Jy is die stem.”
Dit het gehandel oor die verskillende lae, soos omgewing, geloof, liggaamlike gebrekke en geestesversteurings wat elke mens uniek maak.
Die raad was om alle lae van menslikheid in ag te neem, bo persoonlike gevolgtrekkings in joernalistiek.

Marietta Lombard bedank Elaine Putter.

Vrydag se program het afgeskop met die adjunk uitvoerende hoof van die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste, Marietta Lombard, wat gesels het oor die toekoms van drukmedia, en die belangrikheid van samewerking in die kwynende bedryf.

Na Lombard het André Gouws, lektor in tale en kulturele studies aan die Akademia Universiteit, meer lig gewerp op vanjaar se Forum vir Gemeenskapsjoernaliste se FCJ-toekennings, met Avbob as hoofborg. Tydens die toekennings is Daleen Naudé en Matthew Handley van die Middelburg Observer onder andere bekroon is as Joernalis van die Jaar en Opkomende Joernalis van die Jaar.

André Gouws het utigebrei oor die FCJ-toekennings.

Gouws se kommentaar oor vanjaar se wen-inskrywings het talle studente en beginner joernaliste ’n blik gegee op die beoordelingsproses, en watter slaggate om te vermy.

Rianette Cluley, uitvoerende hoof en hoofredakteur van Briefly News, het kunsmatige intelligensie bespreek na Gouws, en meer vertel oor hoe die media daarby kan baat, soos om vrae te formuleer vir onderhoude.

Rianette Cluley het kunsmatige intelligensie bespreek.

Die laaste spreker was die bekroonde fotograaf Yolanda van der Stoep, wat oor vanjaar se wenfotograwe se fotoportefeuljes in die FCJ-toekennings gesels het, met die wenfotograaf Wayne van der Walt se insette.

Yolanda van der Stoep het oor die wenfotograwe se inskrywings gesels.

• Die seminaar is gelei deur Caxton se groepredakteur, Irma Green.

• Die mandjie van sprekers het dekades se kundigheid na die tafel gebring en Olifants River Lodge was andermaal ’n welkome gasheer.

• Wayne van der Walt (redakteur, Highvelder) het die foto’s tydens die seminaar geneem.

Tobie van den Bergh (wat onlangs afgetree het as redakteur van die Middelburg Observer), en Observer joernaliste Gerhard Rheeder en Sjani Campher.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button