News

Video: Kyk hoe vinnig spoeg Mosambiekse spoegkobra!

’n Mosambiekse spoegkobra kan jou spoeg terwyl hy bykans heeltemal plat lê!

Moenie ’n Mosambiekse spoegkobra met ’n bruin huisslang verwar nie, want hy gáán jou pik of spoeg as jy naby hom kom.

Daar is die afgelope paar weke verskeie foto’s en videos op die LimPuma Catch & Release WhatsApp groep van die herpetologiese vereniging gedeel van slange wat hul lede gevang het.

Victor Boshoff (voorsitter) sê hul lede vang geweldig baie slange die afgelope tyd.

Daar is al heelwat bruin huisslange, maar ook die meer giftige spesies soos pofadders, rinkhalse en selfs Mosambiekse spoegkobras in die omgewing gevang.

Hy noem dat daar mense is wat dink dat die uiters giftige Mosambiekse spoegkobra nie hier voorkom nie, “maar ons het al ’n paar in Dennesig, Mhluzi, Aerorand en selfs een by die Middelburgdam gevang.”

Een van die rinkhalse wat gevang is.

Wat interessant is van die Mosambiekse spoegkobra (wat ook die Mfezi genoem word) is dat hy nie eers heeltemal op te kom en sy kop bak te maak om te spoeg nie. “Hy kan jou uit ’n lê-posisie sekuur in die oë spoeg. As jy byvoorbeeld in ’n gat inloer waar dié slang is, sal jy jou beslis in die oog spoeg.”

Beide die Mfezi én die rinkhals mik nie spesifiek vir jou oë nie, maar vir die hoogste plek van die figuur wat hy sien, en dan tref die gif die slagoffer in die oë.

Victor sê daar is mense wat die Mfezi weens sy bruin kleur, soms verwar met ’n bruin huisslang en dan gepik word.

Een van die vele foto’s wat op die Limpuma Catch & Release WhatsApp-groep gedeel is. Die rinkhals moet heeltemal opkom en sy kop bak maak om te kan spoeg, terwyl die Mfezi uit ’n lê-posisie kan spoeg.

Die rinkhals en Mfezi word ook soms met mekaar verwar as hulle klein is.

“Jy sal nie oorleef as jy gepik word deur ’n Mfezi en nie mediese behandeling kry nie!” Dié slang se gif is neuro- en sitotoksies, want beteken dat die bytplek soortgelhyk soos ’n pofadder ernstige blase en gate veroorsaak en die gif ook die asemhalingstelsel aantas.

• Vir navrae of om by die Middelburg Herpetologiese Vereniging aan te sluit, skakel Victor by 082 697 9954 of Mark Salzwedel (ondervoorsitter) by 082 898 5242.

• Voormalige ondervoorsitter van die Middelburg Herpetologiese Vereniging, Fanie Strydom, is deesdae die voorsitter van die Phalaborwa Herpetologiese Vereniging. Hy is egter nog deel van hul WhatsApp-groepe en deel foto’s en videos van die slange wat hulle in daardie area vang.

Hierdie week het hy en hul ondervoorsitter, Carel Coetzer, twee dodelike boomslange en ’n Mfezi gevang in hul area.

Fanie Strydom en Carel Coetzer met een van die boomslange wat hulle gevang het.

Fanie het goedgunstiglik van die foto’s en ’n video beskikbaar gestel. Op die video kan ’n mens sien hoe vinnig die Mfezi vanuit ’n lê-posisie spoeg.

@middelburgobserver

Kyk hoe vinnig spoeg ’n Mosambiekse spoegkobra (ook Mfezi genoem) uit ’n lê-posisie!

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button