News
Motorfiets gesteel – deel skakel met almal om hom te probeer opspoor!
'n BMW motorfiets is deur die loop van die nag gesteel en word gevra dat dié skakel (link) oral gedeel word om hom te probeer opspoor.
Motorfietsdiewe het deur die loop van die nag ‘n boutsnyer gebruik om kettings af te sny om by ‘n motorfiets uit te kom.
Die motorfiets is gesteel in Tillietstraat, Bloekomsig (Middelburg, Mpumalanga). Volgens Antoinette Fisher was die motorfiets vasgesluit met kettings en het die diewe dit afgesny met ‘n boutsnyer.
Dit is ‘n geel en silwer 2004 model BMW R1100 S, registrasienommer CZM189MP.
As enige persoon die motorfiets opmerk (persone met CCTV kameras in omgewing word gevra om ook te kyk), skakel Russell Fisher by 083 421 7458.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
