Pa en seun, Phillip en JT Troskie was was die laaste paar dae letterlik in kompetisie oor wie die grootste karp gaan vang, want die een na die ander reus het gebyt!
Die gesin kamp al die afgelope twee weke langs die dam en ma Theresa vertel dat hulle gereeld kom uitspan by die Middelburgdam om karp en swartbaars te vang.
Die manne het mekaar omtrent die stryd aangesê en het Philip eerste ‘n knewel uitgetrek op 21 April wat die skaal getrek het op 8kg,
‘n Dag later vang JT ‘n groter karp en skat hulle hom so op 9kg, maar toe hulle hom ‘n dag later weeg, het hy die skaal laat kreun op 12kg!
Theresa het laat weet dat Phillip Vrydagoggend net so voor ligdag weer ‘n spekvet karp van 9.45kg gevang het.

Die manne is nie suinig om te vertel wat hulle aan die aas gesit het om die groot karps aan die lyn te kry nie. “Ons gebruik Pink Sweets-geur!”
