News

Gastrok slaan om, N11 na Loskopdam gesluit weens gevaar

Die N11 op pad na Loskopdam is huidiglik toe vir verkeer nadat ’n trok wat gas vervoer, omgeslaan het.

Die trok lê in die veld langs die pad by roetemerker N11 10/34.2E.
Vloeibare gas tap tans uit die trok.

Die brandweer het versoek dat motoriste ver van die toneel af wegbly, weens die gevaar.
Naas die vlambaarheid van die gas, is die dampe ook gevaarlik om in te asem.

Dit is onduidelik vir hoe lank die N11 aan weerskante van die toneel gesluit sal word.
Die roete sal waarskynlik eers weer oopmaak sodra die trok veilig verwyder is.

Dit is onseker of die trokdrywer beseer is.

• Voertuie is besig om terug te draai na Middelburg en Groblersdal.

Die trok was besig om gas te vervoer en nooddienste is op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button