News

Wiele in die lug – Aerorand gat sluk byna kar in

Middelburg se paaie gaap so groot, hulle sluk byna karre in!

’n Motoris het vanoggend skade gely nadat sy Hyundai in ’n reuse slaggat, wat oornag gevorm het, vasgesit het.

Volgens Johan van der Merwe, het sy dogter se vriend vanoggend om 06:30 op pad werk toe die reuse gat op die hoek van Dwaalberg- en Rondebergstraat getref.

Johan sê die gat was so diep, dat hy met sy bakkie die Hyundai moes uitsleep. Die kar se onderstel, wielvelling en neus het redelik skade gely.

Johan van der Merwe se Hyundai met sy wiele in die lug. FOTO: Verskaf.

“Dit was ’n komieklike storie. Maar die karretjie se voorste buffer het ’n duik in en die wielvelling is ook beskadig. Ek is nog onseker oor watse skade die onderstel gely het omdat ek nog nie ordentlik kon kyk nie. Hy het wel erg gekrap toe ons die kar uitsleep.”

Johan het ander inwoners gewaarsku op die straat WhatsApp-groep, en van die inwoners het ’n tuindrom by die gat ingedruk sodat ander karre nie deur die gat ry nie.

Mnr. Piet Steyn, ’n inwoner van Dwaalbergstraat, meld dat die gat oornag gevorm het weens ’n pypbars. Hy het bevestig dat die pypbars en gat aan die Steve Tshwete Munisipaliteit gerapporteer is.

Inwoners het ’n drom in die gat geplaas sodat ander motoriste nie daardeur ry nie. FOTO: Verskaf.

Volgens DA Raadslid, Hennie Niemann, is die departement van water se direkteur ook ingelig daaroor.

“Hulle is tans besig, maar die pypbars is op hulle lys en hulle sal so gou moontlik daarby uitkom. Die pypbars sal eers herstel moet word, voordat die gat reggemaak kan word. Ons is onseker wanneer herstelwerk gedoen sal word.”

Die munisipale slaggat-span aan die werk. FOTO: Steve Tshwete Local Municipality Facebookblad.

Motoriste word gewaarsku om die area te vermy.

• Die Steve Tshwete Munisipaliteit het op Facebook aangekondig dat hulle slaggat-span reeds besig is om paaie te herstel. Slaggate in Aerorand, Clubville, Uitbreiding 18 en Gholfsig is reeds herstel en die span sal nou aandag gee aan ander areas.

@middelburgobserver

Residents of Aerorand show how deep the pothole is on the corner of Dwaalberg and Rondeberg Streets, after a car got stuck in the hole.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button