Gemeenskap geskok na voormalige Rooies rugbyspeler se dood
Die gewilde jong man wat verlede jaar die wendrie vir die Rooies gedruk het in die derbystryd teen Hoërskool Middelburg, is Saterdag oorlede.
Die Middelburg gemeenskap is geruk na die skielike afsterwe van die geliefde oud-HTS Middelburg leerling, die 19-jarige JD Roestoff.
Boodskappe van simpatie het begin instroom vir die familie sedert daar verneem is van sy afsterwe Saterdag.
HTS Middelburg het ’n pragvideo van JD op hul Facebookblad gedeel, waar hy verlede jaar die wendrie gedruk het in die derbywedstryd teen Hoërskool Middelburg.
Een van sy boesemvriendinne, wat langs hulle bly, Annecke van Wyk, het op Facebook ’n besondere boodskap geskryf waarin sy vertel het hoe hulle saam grootgeword het.
Sy het lyste gemaak van spesiale oomblikke in die 19 jaar waar hulle saam gelag, koffie gedrink, “slaptjips geëet” en ‘movies’ gekyk het.
Annecke, JD en Edrich Lubbe, wat almal naby mekaar gebly het in Kanonkop, het byna daagliks by mekaar gekuier.

JD word oorleef deur sy ouers, Ben en Michelle, Ben se lewensmaat Benita en sy susters, Jessica en Jennifer.

• ’n Roudiens word Vrydag (20 Junie) om 10:00 uit die Corpus Christi Kerk gehou.

• ’n Meer volledige huldeblyk verskyn in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.
