Laerskool C.R. Swart nié toe nie!
Laerskool C.R. Swart is beslis nie toe vandag nie en is daar wel toesig vir die leerlinge.
Alhoewel Laerskool C.R. Swart begrip het vir leerlinge wat weens gesondheidsprobleme tuis gebly het weens die rook, is die skool beslis nie gesluit nie.
Talle mense het die Observer laat weet dat “die skool toegemaak is weens die rook in die omgewing.”
Die skool het egter dié omsendbriefie vroeg vir ouers gestuur en sê dit die volgende: “Ons is bewus van die digte rook en mis wat tans die normale gang van sake erg bemoeilik. De skool se werksaamhede gaan soos altyd voort, maar ons het begrif indien leerders met gesondheidsprobleme eerder tuis moet bly of wil wat totdat sigbaarheid verbeter het en later skool toe kom. Julle veiligheid is altyd ons eerste prioriteit.”
Daar is ook hierdie omsendbrief uitgestuur: “Na aanleiding van die onverwagte reëlings wat deur die swaar rook in die omgewing van die skool genoodsaak is: As gevolg van die mind leerders by die skool, gaan die gewone dagprogram nie voort nie en is daar toesig in die klasse gereël. Geen buitemuurse aktiwiteite na skool nie. Geen leerder word afwesig gemerk nie. Baie dankie vir u begrip in dié verband.”
