News

Waarskuwing: Geen sig op paaie weens erge rook!

Motoriste word gewaarsku oor erge rook in die Aerorand en Mineralia area.

Die brandweer is tans besig om te soek na die oorsaak van die erge rook in Aerorand en Mineralia.

Op bykans al die WhatsApp Noodgroepe word motoriste gewaarsku dat daar byna geen sig is in die bogenoemde areas nie.

Motoriste word gewaarsku om stadig te ry in Mineralia en Aerorand weens die erge rook in die area.

Inwoners het ook die Observer geskakel om te laat weet dat hulle sukkel om asem te haal as hulle by hul huise uitgaan om werk toe te gaan.

Inwoners stik in die rook as hulle by hul huise uitgaan.

Daar is bespiegelings dat ‘n huis of voertuig brand, maar daar is ook gesê dat dit ‘n veldbrand kan wees.

  • ‘n Inwoner het op ‘n noodgroeo laat weet dat haar man se voertuig die pad verlaat het en byna in ‘n vlei beland het weens die swak sig op die pad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button