Daar is Vrydagaand omstreeks 21:15 in SADC-straat afgekom op twee mans wat ’n gassilinder op ’n winkeltrollie afgestoot het Irak taxistaanplek se kant toe.
Vyf lede van die gemeenskapspolisiëringsforum, wat besig was om patrollie te ry, het hulle opgemerk.
Daar is by hulle gestop en gevra aan wie die gassilinder behoort.
Die mans het aanvanklik gesê dat dit hulle gasbottel is.
Daar is vir bewyse gevra en toe Herculaas Taljaard uitklim, het die mans laat spaander en die trollie met die gassilinder agtergelaat.
Die gassilinder is tans by die polisiestasie waar die eienaar dit kan gaan haal.
• Bewys van eienaarskap word vereis.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
