String klagtes, insluitende moord, verkragting, teen Hendrina man
Ander man Malawi toe gedeporteer.
’n Man het vandag in die Hendrina landdroshof verskyn op aanklag van onder andere moord, verkragting, ontvoering, huisbraak en verswarende roof.
Die saak is uitgestel na 27 Augustus vir verdere ondersoek.
Die verdagte wat nie geïdentifiseer mag word nie weens die klag van verkragting teen hom, het intussen sy borgaansoek laat vaar.
Die slagoffers kan weens die bogemelde wetgewing ongelukkig ook nie geïdentifiseer word nie.
’n Tweede beskuldigde wat glo saam die beweerde moordenaar was na die verfoeilike dade, is intussen gedeporteer Malawi toe omdat hy onwettiglik in Suid-Afrika was.
Hy kon egter nie direk met die misdrywe verbind word nie.
Die voorval waaruit die klagtes spruit, het verlede jaar plaasgevind.
Hendrina VF+ raadslid, Corrie Wolmarans, en Willem Petzer was onder meer vandag in die hof.
