Cravenweek bepalings hier!
Alles is gereed vir die komende Cravenweek en Akademieweek by Hoërskool Middelburg!
Ons plaaslike skole se rugbyspelers is druk besig om saam met die res van hul spanlede voor te berei vir die verskillende rugbyweke, waaronder die Craven- en Akademieweek.
Die Cravenweek en Akademieweek is vanaf 6-12 Julie by Hoërskool Middelburg en gaan dit ’n miernes van bedrywighede wees.
Buiten hope aksie, kan Middelburgers ook uitsien na uitstekende Vermaak daagliks, wat sangers soos Appel, Johan du Bruto en Dromedaris Drum Duo insluit. Boonop is daar lootjies te koop waar daar ’n baie groot prys, ’n dag saam met die Punisher met ‘Race Day Events’, ter waarde van R30 000 gewen kan word.
Die Grant Khomoweek is vanaf 30 Junie tot 4 Julie by die St Alban’s College in Pretoria.

