NewsSport

Rooies draf op Middies se velde uit vir Cravenweek en Akademieweek

HTS Middelburg se seuns wat vir die Cravenweek gekies is, het bietjie meer van hulself vertel.

Die Cravenweek en Akademieweek word vanaf 6 tot 12 Julie by Hoërskool Middelburg aangebied en het HTS Middelburg drie spelers wat gaan uitdraf vir die Cravenweek en drie spelers wat gaan speel in die Akademieweek.

• Jacques Greyling is gekies as buitesenter en sê hy droom al van graad sewe af om eendag gekies te word vir die Cravenweek.
Hy speel sedert graad agt vir HTS Middelburg se rugbyspanne.
Greyling glo hul sterkste teenstanders gaan Westelike Provinsie wees.
Sy gunsteling rugbyspeler is Rieko Ioane.

Jacques Greyling. FOTO’S: HTS Facebookblad.

• Ethan Kock is gekies as slot vir die span.
Hy het al as sewejarige seuntjie rugby begin speel en het die droom om vir die Cravenweek te speel, in graad agt al by hom posgevat.
Kock wil graag na skool professionele rugby speel, maar sê hy het nog nie vaste planne nie.
Hy wou hom nie uitlaat oor wie die sterkste teenstanders gaan wees nie, maar meld dat hul span beslis hul beste gaan gee teen ál hul teenstanders.
Hy het twee gunsteling rugbyspelers, Pieter-Steph du Toit en Ardie Savea.

• Janco Aucamp, onder sy spanmaats bekend as Lanco, draf ook uit as slot vir die span.
“Ek speel al van 10-jarige ouderdom af rugby en vandat ek in die laerskool was, is dit ’n droom om vir die Cravenweek te speel.”
Hy wil ook graag ’n loopbaan van rugby maak, maar het nie uitgebrei vir wie hy graag sal wil speel nie.
Pieter Steph du Toit is sy gunsteling rugbyspeler.

Janco Aucamp.

• Die volgende spelers is vir die Akademieweek gekies: Hanru Terblanché, WJ Enslin en Kwanele Mkhize.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button