Video: Wees versigtig vir twee slaggate!
Motoriste word gewaarsku oor slaggate op die Stoffberpad, net buite die dorp.
’n Vragmotorbestuurder waarsku motoriste om bedag te wees op twee groot slaggate op die Stoffbergpad.
Middelburger Wynand Spencer meld dat daar begin is met voorbereidings om die slaggate reg te maak, maar dat dit nog nie voltooi is nie.
Die twee slaggate is tussen die afdraai na die honde-eenheid en Glen Cullen, Middelburg se rigting.
Hy sê dat voertuie en trokke daarvoor uitswaai en voor aankomende verkeer kan beland.
Motoriste word gemaan om spoed te verminder in dié area om ongelukke te vermy.
@middelburgobserver Wees versigtig vir slaggate op Stoffbergpad, net verby die honde-eenheid afdraai, buite Middelburg (Mpumalanga).
As jy weet van engie probleme op die paaie in en om Middelburg, skakel of stuur ’n WhatsApp na 072 248 3855.
