News

Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op die paaie

Daar was vanoggend ’n ongeluk en ’n voertuig het ongeduldig voor ander ingesny.

Daar was vanoggend ’n ongeluk tussen ’n polisievoertuig en ’n ander voertuig op die hoek van Meyer- en Cowen Ntulistraat.

Na wat verneem word is niemand ernstig beseer nie.

Wynand Spencer (vragmotorbestuurder) het vroeg ’n video gestuur van hoe ’n voertuig net aangehou ry het, nadat dit eintlik moes gedraai het en voor ander voertuie ingesny het in Mandelarylaan.

Daar is op hierdie stadium geen ander ernstige probleme, soos mis en ongelukke in die dorp op die N4, N12, ou Middelburg/Witbankpad, Stoffbergpad of Vandyksdrifpad aangemeld nie. ’n Middelburger het laat weet dat hulle vroeg Johannesburg toe gery het en buiten erge verkeer, geen mis of ongelukke op die pad opgemerk het nie.

As jy weet van enige erge slaggate, ongelukke, mis of selfs voertuie of trokke wat in die pad staan en verkeer belemmer, skakel of stuur ‘n WhatsApp na 072 248 3855.

@middelburgobserver

Ongeduldige motoris sny voor ander voertuie in vanaf ’n draaibaan in Mandelarylaan (Middelburg, Mpumalanga).

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button