News

Video: Waarskuwing: Muur van mis op paaie, reeds kettingbotsing op N12

Motoriste word gemaan om versigtig te ry met erge mis op die paaie en is daar reeds 'n ongeluk aangemeld.

Verskeie Middelburgers het laat weet van ‘n kettingbotsing op die N12 naby die Ogies afrit.

Die ongeluk het in digte mis plaasgevind en word gesê dat die pad nou gesluit gaan word. ‘n Trok en verskeie voertuie was in die ongeluk betrokke. Ambulanse is reeds op die toneel, maar is dit onduidelik hoeveel beserings daar is.

‘n Trok en verskeie voertuie was in die ongeluk betrokke op die N12. Dit is onduidelik hoeveel mense beseer is. FOTO: Verskaf.
Die ongeluk op die N12 is byna nie sigbaar weens die mis nie. FOTO; Verskaf.
Foto’s stroom tans in van die ongeluk op die N12. FOTO: Verskaf.

Daar is ook pas laat weet dat daar in die S-draai by eMalahleni ook ‘n ongeluk was.

Dit is egter nie die enigste probleem met mis nie. Op die N4, die Bethalpad en die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) is ook mis aangemeld.

Sig word erg bemoeilik met mis op die paaie en word motoriste gemaan om stadiger te ry. FOTO: Verskaf.

Daar is ook gewaarsku oor ‘n wyfievolstruis wat in die pad loop op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) naby Clear Water se ingang. In die mis is die volstruis nie goed sigbaar nie en word padgebruikers gevra om in daardie area stadiger te ry.

@middelburgobserver

Waarskuwing! Digte mis op N4 tussen Middelburg en eMalahleni, N12 vanaf eMalahleni, R555 (ou Middelburg/Witbankpad) en Bethalpad.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button