News

Inwoners gewaarsku: Groep van vier ry rond en probeer by erwe inkom

Inwoners van veral Mineralia word gewaarsku om op hul hoede te wees vir vier verdagtes wat toegang tot erwe probeer kry.

’n Groep van vier verdagtes het vanmiddag omstreeks 14:00 in Mineralia rondgery, aan hekke gepluk en toegang probeer kry by erwe.

Daar is gemeld dat hulle kyk of daar iemand tuis is en as daar niemand is nie, dan probeer hulle hekke oopmaak.

’n Bron (wat anoniem wil bly) sê die mans het by ‘n paar huise aan die hekke geruk. Sodra die huisbewoners uitgekom, het hulle kamtig na ’n spesifieke hotel gesoek, maar daar bestaan nie so ’n hotel in Middelburg nie. Daar is slegs ’n hotel met so ’n naam in Nelspruit.

By een van die huise het hulle al probeer om die hek oop te maak, toe die man uitkom. Hy het opgemerk daar is drie mans by die hek en een agter die stuur van ’n silwer Toyota voertuig (moontlik ’n Corolla) met ’n Gautengse nommerplaat (die nommerplaat is verskaf, maar omdat daar nog geen kriminele klagtes is by die polisie nie, kan die registrasienommer nie bekendgemaak word nie).

Die bron het gemeld dat hulle vinnig spore gemaak het toe hy begin uitvra waarom hulle daar is en het hulle net drie huise verder weer aan hekke gaan pluk.

  • Die voertuig is die laaste keer opgemerk in Meyer- en Vosstrate, naby die OK Grocer in Mineralia.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button