Die Pumas het hulle tuissspan bewerasie afgeskud en die Limpopo Blou Bulle vanmiddag in die hoofwedstryd by die Cravenweek met 44-22 afgeslag.
Dit was duidelik dat die jong Pumas hulle Cravenweek-veldtog teen alle koste goed wou begin en het binne die eerste tien minute te veel foute begaan.
Dit het die Bulle toegelaat om gou ’n 14-0 voorsprong op te bou.
Puma afrigter JJ Hennop en sy span het ook ’n berekende risiko gewaag deur hulle plaasvervangers in te span.
Dit is gedoen met die oog op ’n moontlike kragmeting later die week teen een van die groot kanonne, wat Vrystaat kan wees, wat in sy eerste kragmeting teen die SWD Arende vasgeval het.
Die Pumas was rustyd nog 12-14 agter.
In die tweede helfte het voor- en agterspelers skitterend kombineer en ’n paar asemrowende drieë gedruk.
Pumas 44. Drieë: Franko Rossouw {2}, Siyanda Dennison, Katlego Baloyi, Jacques Greyling, D’Angelo Roberts. Doelskoppe: Matthew Abbey (4). Strafdoele: Abbey {2}.
Limpopo Blou Bulle 22. Drieë: Funi Simba {2}, Tshenello Nkwana. Doelskoppe: Ryno Mienie (2). Strafdoel: Mienie.
*Daar sal eers na more se wedstryde bepaal word watter spanne pak mekaar later die week.
*Daar heers ’n wonderlike feesatmosfeer by Hoërskool Middelburg waar die Cravenweek aangebied word met ’n biertent, lewendige musiek, talle kosstalletjies en opwindende rugby. Dit alles vir net R50 per persoon.
Kaartjies is by die hekke beskikbaar.









