’n Strafdoel deur die losskakel, Jeandré Uithaler, het die stryd tussen die buurmanne vanmiddag met 36-35 vir die Leeus beklink by die Cravenweek vir hoërskole.
Uithaler is ook aangewys as speler van die wedstryd.
Die Bulle het aanvanklik die toon aangegee en was rustyd met 14-20 voor.
Die Leeus het egter nooit bes gegee nie en stelselmatig die oorhand gekry.
Sowat vier minute voor die eindfluitjie het dit gelyk asof die Bulle die wedstryd sal beklink na ’n mooi drie in die regterkantste hoekie wat hulle twee punte voor geplaas het.
Uithaler se strafdoel oomblikke later het die Leeus met een punt laat wen.
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.