NewsSport

Video: Cravenweek skop af met eerste drie en eerste wen vir WP

Die WP was die eerste wenspan op die Cranvenweek spyskaart.

Die 2025 FNB Cravenweek het vanoggend op Middelburg afgeskop met ’n Westelike Provinsie vyftiental wat ’n groot oorwinning oor die Griffons behaal het.

Die WP het andermaal hulle diepte gewys en agt drieë ingeryg vir ’n 52-6 oorwinning.

Die sterk span van Vrystaat en Suidwestelike Distrikte was volgende op die program met die twee bure, Die Blou Bulle en die Leeus, wat mekaar daarna pak.

Die middag se rugby word afgesluit met die tuisspan, die Pumas, wat die Limpopo Blou Bulle pak.

Daar is nog kaartjies teen R50 per persoon by die hekke beskikbaar.

Een van die grootste besprekingspunte vanoggend was die grasgroen veld wat Hoërskool Middelburg voorberei het.

Ywerige tuiniers soek die resep hoe die gras so groen kan wees in die middel van die winter en Middelburg wat die laaste twee weke erg deurgeloop het onder ryp.

Die skool sit beslis sy beste voet voor met die terrein wat die geleentheid komplimenteer.

Punte WP vyftiental 52: Kunene Gadu, Liam de Villiers, Tristan Joubert, Gershom Pieters, Chadley Davids, Steph van der Merwe, Siphesile Mbungendlu, Bernard Schulze. Doelskoppe: Iwan Jodraan (ses).  Griffons 6: Olereko Sebatana twee strafdoele.

@middelburgobserver

FNB u/18 Craven Week kicks off with a WP XV victory against the Griffons.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button