Cravenweek bepalings: Alweer Pumas en WP
Gaan die Pumas more van die Kaapse Dokter se doepa sluk?
Die Pumas pak die Westelike Provinsie vyftiental more in die derde dag van die 2025 FNB Cravenweek wat by Hoërskool Middelburg aangebied word.
Nog ’n watertand kragmeting behoort die een tussen die Vrystaat en die Blou Bulle te wees.
Albei spanne het naelskraap op die eerste dag vasgeval. Die Vrystaters teen die SWD Arende met een punt (35-34) en die Bulle teen die Leeus met een punt (35-36).
9 Julie se program is:
10:00 Limpopo Blou Bulle vs Griffons.
11:30 WP xv teen die Pumas.
13:00 Vrystaat vs Blou Bulle.
14:30 Leeus vs SWD Arende.
Die Akademieweek sluit Vrydag op die skool se B- en C-velde af.
More se bepalings is:
B-veld
9:30 Bulle vs Limpopo.
10:45 SWD vs Vrystaat.
12:00 Boland vs Haaie.
13:15 WP vs Leeus xv.
14:30 Leeus vs OP.
C-veld
9:30 Luiperds vs Grens.
10:40 Namibië vs SA LSEN.
12:00 Zimbabwe vs Griffons.
13L15 Valke vs Griekwas.
14:30 Grens vs Pumas.
