Is daar enigsins ’n rugbyspan wat die Westelike Provinsie kan stuit om Saterdag weer as Cravenweek kampioene gekroon te word?
Die Streeptruie het ’n hulpelose Boland vanmiddag met 80-18 oorrompel by die skoleweek wat op Middelburg aangebied word.
Wanneer die seuntjies se wedstryd op die atletiekbaan meer applous kry as die hoofwedstryd dan weet jy een span spartel en die ander een oorheers.
Soos verwag het buitesenter Markus Muller die Bolanders ook goed besig gehou en een van sy kragdrieë gedruk.
WP drieë: Quintin Potgieter (2), Josh Neill, Markus Muller, Ethan van Biljon, Altus Rabe, Juvan Burden, Briint Davids, Ismaeel Conrad Albert Lourens, Matthew van der Merwe, Achmat Behardien. Doelskoppe: Van
Biljon (5), Jayden Brits (3), Behardien (2).
Boland drieê: Caleb Cornett, Amaan Adendorff. Doelskoppe: Zion Rabie. Strafdoele: Rabie (2).
Sharks 41 – Oostelike Provinsie 10.
Sharks drieë: Nathan Aneke (2), Alande Ngubane, Jadrian Afrikaner, Zeke Siyaya, William Ridi. Doelskoppe: Stefan Moolman (3), Siyaya. Strafdoel: Siyaya.
OP drieë Cole Hilpert. Doelskop: Will Stevens. Strafdoel: Stevens.
Grens 36 – Griekwas 17
Grens drieë: Jeffreyu Niland, Bulumko Manqina, Ethan Schoeman, Zeake Mata, Liam Hansen, Robert John-Onsunkwo. Doelskop: Bungqina Nuka (2), Ndimphiwe Songqaba.
Griekwas drieë: PJ Smit, Jonathan Harding. Doelskoppe: Aidan Gadeija (2). Strafdoel: Gadeija.
Valke 29 – Luiperds 29.
Valke drieë: Dihan Crause (2), Deshean Petersen, Tumi Moloi, Otloteng Zulu. Doelskoppe: Juan van Aswegen (2).
Luiperds drieë: Winton Abrahams, Jaime Davids, KG Legodi, Fanie Linde, Tiaan Koen. Doelskoppe: Brendon Mathyse (2).
Daar was groot vermaak agter die skerms ook met ‘n spul kinders wat Cravenweek spanne op die pawiljoene op hul voete gehad het.
@middelburgobserver Craven Week kids steal the show.
View this post on Instagram
View this post on Instagram
View this post on Instagram
