Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op die paaie
Mis is besig om saam te pak, daar is padwerke en daar staan vanoggend 'n trok gevaarlik in die pad.
Verskeie motoriste het al van vroeg af gewaarsku oor ‘n trok wat gevaarlik in die pad staan sonder ligte op die Vandyksdrifpad, net na die Seriti Myn afdraai.
Daar het ook boodskappe ingekom van digte mis wat saampak op die N12, gedeeltes van die N4, die Stoffbergpad buite Middelburg en op die Belfast na Stoffbergpad. Op die ou Middelburg/Witbankpad is daar nie ernstige probleme nie, en is daar slegs mis aangedui by die bruggie oor die rivier.
Daar word aan die pad gewerk op die N11 tussen Proteastraat (Kanonkop) en Harry Gwalastraat (Dennesig). Wynand Spencer het gistermiddag ‘n video geneem van die padwerke waarr ‘n stop en ry in plek is. Hy het ook vanoggend gewaarsku oor die mis op die Stoffbergpad.
As jy weet van enige probleme op die pad, soos mis, slaggate en ernstige ongelukke wat verkeer belemmer, stuur ‘n WhatsApp met foto’s of videos (indien beskikbaar) na 072 248 3855.
@middelburgobserver Roadworks with stop and go on N11 between Protea and Harry Gwala Street, Middelburg, Mpumalanga. Video taken yesterday by Wynand Spencer.
