News

Blou Bulle vou teen Vrystaat, Arende sweef na oorwinning teen Leeus

Naelbytstryde by Cravenweek

Die hoogaangeskrewe Blou Bulle Cravenweek rugbyspan se treurmare in die 2025 week wat by Hoërskool Middelburg aangebied word duur voort.

Die jong Bloues het vanmiddag met 52-33 teen die Vrystaat vasgeval nadat die rustydtelling 27-19 in die Vrystaters se guns was.

Die span het Maandag op die eerste dag met 36-35 teen die Leeus vasgeval.

Die Vrystaat het met die oorwinning vergoed vir sy skoknederlaag van 35-34 teen die SWD Arende.

Die verrassingspakket van die 2025 Cravenweek, die SWD Arende , sal moontlik Saterdag in die eindstryd speel nadat hulle die Leeus vanmiddag met 54-22 geklop het.

Die span van die Suid Kaap was rustyd reeds met 26-7 voor.

Die Arende het gewys dat Maandag se naelskraapse oorwinning oor die Vrystaat geen gelukskoot was nie.

Die Westelike Provinsie en Haaie speel more in die hoofwedstryd en die wenner van daardie kragmeting sal teen alle waarskynlikheid teen die Arende speel.

 

 

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Middelburg Observer (@mobserver)

 

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Middelburg Observer (@mobserver)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button