Die FNB Cravenweek vir o/18 spanne het vanoggend op ’n opwindende noot afgeskop met die Limpopo Blou Bulle wat die Griffons met 49-44 geklop het.
Die wedstryd het heeltyd wipplank gery en die drieë is behoorlik ingeryg.
Die Griffons was sterk op die aanval toe hulle aangeslaan en die eindfluitjie geblaas het.
Die Pumas het ’n groot drag slae teen die sterk Westelike Provinsie vyftiental op die lyf geloop. Eindtelling 40-14.
Die Kapenaars was net te vinnig, te sterk en meer bedrewe teen die moedige tuisspan.
Die Vrystaat en Blou Bulle meet tans kragte met die Leeus en SWD wat mekaar in die hoofwedstryd pak.
Kaartjies kos net R50 en daar is ’n fees van stalletjies met die lekkerste eetgoed.
View this post on Instagram
