Staan opsy Cheslin Kolbe, hier kom die Cravenweek “goose stepper”.
Sosiale media is aan die gons na ’n titaniese wedstryd tussen toeskouertjies wat die Cravenweek by Hoërskool Middelburg bywoon.
Terwyl die Westelike Provinsie besig was om die Boland te karnuffel, was daar kort-kort ’n gejuig vanaf die pawiljoene.
Nie vir die hoofwedstryd nie, maar die seuntjies wat agter die suidelike pale op die atletiekveld besig was met hulle eie Cravenweek.
Daar was groot duikslae, drieë en die seuntjie wat Cheslin Kolbe na lug sal laat gryp.
Die grootste applous het opgeklink wanneer hy aan die bal gevat het.
Die volgende video is op TikTok deur @Brandensauerman gedeel, volg hom gerus op sy platform.
@brandensauerman The main event of the day😂 © 2025 [@Visua ]. All rights reserved. This video and its content are protected by copyright law. Unauthorized reproduction, distribution, or use of this material is strictly prohibited.Unless the owner gives permission #cravenweek#rugby #schoolboyrugby
Groter seuns wou hom nog platduik dan trap hy regs en dan links soos David Campese en as hulle weer sien is hy verby.
My onbetroubare bron sê Springbok afrigter Rassie Erasmus was so beïndruk dat hy dadelik ’n soektog na die onbekende klein aftrapper op tou gesit het.
Na die gesukkel teen Italië kan hy mos Saterdag die Bokke se redding wees?
Boonop woon die Bok keurder, James Stoffberg, ook die Cravenweek by.
Moenie verbaas wees as hy vandag wedstryde agter die pale bywoon nie.
Ons sal natuurlik self wil uitvind waar het die klein wonderkind sy aftrap geleer. Iemand wat weet wie hy is moet asseblief vir Tobie van den Bergh bel by 072 220 1568.
Kyk ook die Middelburg Observer video:
@middelburgobserver Craven Week kids steal the show.
Die video het intussen ander platforms soos The Rugby Guy, ook uitgekring, waar daar spesifiek op die seuntjie gefokus word.
Die berig is intussen aangepas om krediet aan Sauerman te gee.
Kyk hier na The Rugby Guy se plasing:
@therugbyguyofficial Wouldn’t be surprised if Rassie invests in a scrum cap for this lad and sticks him on the wing for the Boks 🫡 It’s a solid 10/10 from me 🪿🫡 Credit: @brandensauerman 🔥 #Rugby #TheRugbyGuy #LetTheGooseLoose
